FOTO: Babel album

FOTO: Babel album

Het jy gehoor?

Mumford & Sons: Jou oorlewingsgids

Dié konsertkaartjies is binne 82 sekondes uitverkoop. En nou, ná maande se afwagting, begin die Britse groep Mumford & Sons se Suid-Afrikaanse toer Vrydag in Kaapstad. 

Alhoewel Mumford & Sons eers Donderdag land, is hul tegniese span en bestuurder reeds besig om die Parade in Kaapstad gereed te kry vir hul reuse-vertoning.

FOTO: FACEBOOK

FOTO: Facebook

Hier’s jou oorlewing-gids

Kaapstad, Parade – 29 Januarie, 30 Januarie, 31 Januarie

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

1. Hekke maak 17:00 oop, maar jy mag van 15:00 begin toustaan.

2. Geen komberse, kussings, stoele, koelbokse en gazebos mag gebring word nie.

3. Dis ’n staan-konsert en geen sitplekke is beskikbaar nie.

4. Geen parkering by die Parade nie. Daar sal parkering en vervoer wees van Stellenbosch, Tygervallei en die V&A Waterfront. Koop kaartjies by Computicket vir Stellenbosch, Tygervallei en V&A Waterfront. Die verkope sluit Woensdag, 27 Januarie, om 12:00.

5. Jy mag nie jou eie drank of kos saamvat nie. Daar sal wel stalletjies op die perseel wees.

6. Geen kontant nie. Jy mag slegs ’n kontantlose kaart, wat by Computicket of by die konsert gekoop kan word, of ’n kontaklose bankkaart gebruik. Al die inligting is op die boonste foto.

7. Bring jou ID-boekie en geldige Computicket-kaartjie na die konsert.

8. Geen bonkige en groot handsakke nie.

9. Geen kameras en iPads word toegelaat nie.

 

Durban, Durban Botaniese Tuin – 3 Februarie

1. Hekke open 16:00. Jy mag eers van 14:00 af begin toustaan.

2. Parkering is beskikbaar by Munies-hokkieklub (John Zikhali-weg) en Curries Fountain Sportontwikkeling-sentrum (Winterton Walk).

3. Geen kontant nie. Jy mag slegs ’n kontantlose kaart, wat by Computicket of by die konsert gekoop kan word, of ’n kontaklose bankkaart gebruik. Daar sal tente wees waar jy jou bankkaarte kan gebruik om jou kontantlose kaart te herlaai.

4. Geen stoele, kussings, komberse, gazebos, koelbokse en sambrele.

5. Bring jou ID-boek en geldige kaartjie.

6. Geen selfie-stokke, plakkate, kameras of iPads nie.

 

Pretoria, Voortrekker-monument – 6 Februarie, 7 Februarie

1. Hekke open 14:00. Jy mag eers van 13:00 af begin toustaan.

2. Daar sal beperkte parkering by die Voortrekker-monument wees. Vervoer en parkering sal beskikbaar wees by Menlyn-winkelsentrum,  Cresta-winkelsentrumMelrose Arch-busstopCedar Square-winkelsentrum en East Rand-winkelsentrum. Kaartjies kan by Computicket gekoop word.

3. Geen kontant nie. Jy mag slegs ’n kontantlose kaart, wat by Computicket of by die konsert gekoop kan word, of ’n kontaklose bankkaart gebruik. Besoek die Facebook-blad vir meer inligting oor dié metode.

4. Bring jou ID-boek en geldige kaartjie.

5. Geen drank of kos mag gebring word nie. Daar sal stalletjies wees.

6. Geen selfie-stokke, kameras, videokameras, iPads, balle, vuurwerk of gloeistokkies nie.

Hier is van ons gunsteling-liedjies

Lees nou