new_picturerz
Het jy gehoor?

Musiek van The Eagles in SA op die verhoog

5 briljante musikante uit Australië neem jou terug na die 70’s en 80’s toe The Eagles diep spore in wêreldmusiek getrap het.

SARIE gesels met David Thompson wat die rol van die bekende Glenn Frey speel.

  1. Hoe het dit gebeur dat julle spesifiek The Eagles se musiek vertolk?
    Ek was nog altyd mal oor hul musiek en het 10 jaar gelede besluit dít is wat ek gaan doen. Toe kry ons die regte mense en begin toer.
  2. Is jy die frontman?
    Ja, maar dis ‘n spanpoging.
  3. Wie’s die ander musikante?
    David Gray speel Don Henley, Richard Baker speel Don Felder, Marcus Tate speel Joe Walsh, Rus Davey speel Timothy B. Schmidt en ek speel Glenn Frey.
  4. Julle sê dis ‘n multimedia-vertoning. Wat kan ons verwag?
    Dis ‘n reis deur tyd en herinnerings wat mense terugvat na daardie tyd van The Eagles. Ons het 3

    Dave se 5 gunsteling-liedjies op sy iPod 

    Brad Paisley – “Celebrity”
    The Carpenters – “Close to You” Christopher Cross - “Sailing”
    Hall and Oates – “Rich Girl” 
    Gilbert O’Sullivan – “Alone Again Naturally”

     

    groot skerms op die verhoog wat deurentyd oorspronklike videomateriaal en foto’s van hulle wys. Kameras verfilm ook die vertoning daar en dan sodat die gehoor die musikante se solo’s van naderby kan dophou. Dis ‘n tegniese nagmerrie om op te stel, maar ‘n ongelooflike kyk-ervaring.

  5. Wat’s jou gunsteling-Eagles-liedjie?
    Dit verander heeltyd, maar op die oomblik is dit “Too Busy Being Fabulous“. Die lekkerste een om te speel in die vertoning is “One of These Nights“.
  6. Watter kunstenaar sou jy die graagste in lewende lywe wou sien optree?
    Ek’s mal oor Brad Paisley, hy’s ‘n Amerikaanse country-sanger en oraloor bekend.
  7. Watter musiekinstrumente kan jy als speel?
    Ek speel kitaar, baskitaar, tromme en klavier en dan is my stem ook ‘n instrument. Almal in die vertoning kan goed sing.
  8. Waarheen toer julle hierna?
    Ons gaan vir ‘n maand lank deur Australië toer, dan Kanada en Nieu-Seeland. Ons is bykans heeltyd op toer.
  • http://nkdugcjguvvu.com/ vldptbhhf

    XVgGqM ynbjxwraijym, [url=http://jbuijfckinmo.com/]jbuijfckinmo[/url], [link=http://tobodbowgzsd.com/]tobodbowgzsd[/link], http://lxebqpozafkx.com/