FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Musikant Bob Geldof se dogter (25) oorlede

Peaches Geldof, die Britse TV-aanbieder, model en dogter van Bob Geldof en Paula Yates, is gister in die ouderdom van 25 oorlede, berig die BBC.

Peaches is in haar huis in Kent, Engeland gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie duidelik nie. Die polisie beskryf dit as “onverklaard en skielik”.

Sy word oorleef deur haar man, Thomas Cohen, en haar twee kinders Astala Geldof–Cohen en Phaedra Geldof-Cohen, haar pa, en haar susters Fifi Trixibelle Geldof, Pixie Geldof en half-suster Tiger Lily Hutchence-Geldof.

Ure voor haar dood het Peaches dié foto van haarself en haar ma, wat in 2000 oorlede is weens ’n dwelmoordosis, op haar Instagram-blad gedeel.

Bob Geldof het dié verklaring aan die media gegee:

“Peaches has died. We are beyond pain. She was the wildest, funniest, cleverest, wittiest and the most bonkers of all of us. Writing ‘was’ destroys me afresh. What a beautiful child. How is this possible that we will not see her again? How is that bearable? We loved her and will cherish her forever. How sad that sentence is. Tom and her sons Astala and Phaedra will always belong in our family, fractured so often, but never broken. Bob, Jeanne, Fifi, Pixie and Tiger Geldof.”