FOTO: Facebook Jammies Jamneck

FOTO: Facebook Jammies Jamneck

Het jy gehoor?

Musikant Jammies Jamneck sterf

Die musikant en komediant Jammies Jamneck is vroeg vanoggend (omstreeks 01:00) oorlede, berig Netwerk24

Jammies het op 6 Julie ’n operasie vir kolonkanker ondergaan. Tydens die operasie by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria het die dokters besef dat die kanker na sy pankreas versprei het. Die 66-jarige kunstenaar is sedert sy hospitaalopname op 2 Julie vóór die operasie nie weer ontslaan nie.

Lees meer oor Jammies se siekte op Netwerk24 se webtuiste.

Jammies het oor die jare met groot name soos Rina Hugo, Annelie van Rooyen en die groep Touch of Class gewerk. Hy het was ook ’n gewilde gas op die destydse TV-geselsprogram Spies & Plessis. 

Hy word oorleef deur sy vrou, Gerrie, en twee seuns, Conrad en Franco. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend gemaak nie.

Sedert Jammeis se dood het boodskappe van medelye op sosiale media ingestroom: “Dit is met groot hartseer dat ons een van die groot karakters in die Suid-Afrikaanse  musiekbedryf groet … Ons dink aan Conrad en die familie,” het een aanhanger op Facebook geskryf.

Dié hartseer nuus kom sowat 2 weke ná die dood van Fredi Nest.

Bronne: Netwerk24 en Maroela Media

Lees nou