FOTO: Instagram  @avrillavigne

FOTO: Instagram @avrillavigne

Het jy gehoor?

Avril Lavigne gaan skei

Die nuus dat musikante Avril Lavigne en Chad Kroeger glo gaan skei, kom net-net meer as ’n jaar nadat hulle getrou het.

US Weekly berig dat die rock-sterre se huwelik op die rotse is. ’n Bron het aan die tydskrif gesê: “Dit is verby. Hy [Chad] vertel vir mense in Los Angeles dat hulle gaan skei.”

Die 39-jarige Chad, hoofsanger van Nickelback, het in Augustus 2012 vir Avril gevra om te trou. Hulle het in Julie 2013 in Frankryk getrou.

avril lavigne

Avril was voorheen getroud met die sanger van Sum 41 Deryck Whibley. Hulle was vir 4 jaar getroud en het in 2010 geskei.

Avril het ook voorheen met Brody Jenner, Kim Kardashian se stiefbroer, en die That ’70s Show-akteur Wilmer Valderrama uitgegaan.

Bron: US Weekly