553427_10151142661673621_394997266_n
Het jy gehoor?

“My ma het my verlaat toe ek 8 jaar oud was” – Hollywood-akteur praat

Hugh Jackman het vir die eerste keer sy hart teenoor Australian Women’s Weekly oopgemaak oor hoe sy ma, Grace Watson, weens erge depressie haar gesin verlaat het toe die akteur nét agt jaar oud was. Sy het Engeland toe gevlug en haar vyf kinders met ‘n telegram in kennis gestel. Sy het aan postnatale depressie gely ná Hugh se geboorte.

Maar dis eers toe hy twaalf of dertien jaar oud was dat hy besef het sy gaan nie terugkom nie. “Maar hoe moeilik dit dalk is om te verstaan, het ek nooit gedink dat my ma nié lief was vir my nie.”

Die dag toe hy self ‘n ouer word (Oscar is nou twaalf en Ava sewe), kon hy sy ma eers werklik vergewe. Dit was baie duidelik dat sy as ouer ontsaglik swaar gekry het weens depressie en haarself moes verlos van die situasie.