Het jy gehoor?

‘My man kan’, ‘n werklikheidsreeks vir paartjies

kykNET begin binnekort met die verfilming van My man kan, ’n speletjie vir paartjies waarin die vroue spog met wat hul mans alles kan vermag, en dan moet die manne uithaal en wys.

Volgens kykNET gaan die wenpaartjies met groot pryse wegstap.

Die reeks is die eerste keer op 16 Julie 2010 as Mein Mann Kann in Duitsland uitgesaai. Nóg 13 episodes het gevolg. Dit was só suksesvol dat dit aan 18 lande verkoop is. Suid-Afrika was gelukkig om een van hulle te wees, en kykNET gaan die eerste reeks uitsaai.

‘n Paar voorbeelde van die uitdagings vir die manne as julle beplan om deel te neem is:

Hoeveel rooirissies kan jou man in 45 sekondes eet?
Hoeveel mense uit 10 kan jou man wen in armdruk?

Die kykers kan nie die mans se reaksies hoor nie, maar kan hulle sien. Die mans kan wel die gekonkel en gekibbel van hul vroue hoor. Met verloop van die speletjie val van die paartjies uit totdat net 2 paartjies oorbly om om die groot prys mee te ding.

Dit gaan alles oor die waagmoed van die mans en slinksheid van die vroue.

[box:full:red:both]

Só skryf jy in

Opnames vind plaas van 11 – 20 Mei by Emperors Palace in Johannesburg.

As jy en jou man/vrou/kêrel/meisie wil deelneem, stuur jou kontakbesonderhede, adres en ’n foto van julle twee voor 10 April na info@richtermedien.com.

Om in die gehoor te wees, saam te lag, huil en jou naels af te kou, bespreek jou gratis kaartjie by: 011 928 1297/1213 of psihlangu@emperorspalace.com.

[/box]

  • Venessa Knoetze

    Hi
    Gaan daar weer `n reeks kom van "my man kan"? Ek sal graag wil inskryf vir die volgende reeks, ek te laat vir die reeks. Is daar `n kans dat julle my inkennis kan stel wanneer volgende reeks weer begin. Ek dink die program is fantasties.
    Groete
    Venessa

  • Winnie Human

    My naam is Winnie en ek en my man Basie sal ook
    Bitter graag wil inskryf. Ek dink my man kan alles doen
    En sal die ander manne n goeie go gee

  • Ansie Labuschagne

    Ek is Ansie Labuschagne en wil graag weet of daar weer n reek vamn My Man Kan gaan volg in die nuwe jaar. ek sal graag wil inskryf, as julle so gaaf sal wees om my te laat weet.
    Baie Dankie

  • Chanzelle Smit

    Sal julle asb kaat weet wanneer kan ons weer inskryf vir "My man kan"!

    Wil soooooooo graag deelneem.

    WIL NIE WEER DIE GELEENTHEID MISLOOP NIE!

    Groete Chanzelle

  • Annelie

    Hi. Ek is Annelie en ek reken MY MAN KAN. So indien jul nog ‘n reeks gaan skiet laat weet my asb. Ons wil bitter graag deelneem. Baie dankie die show is awesome!

  • Leonie Vorster

    Ek en my man wil baie graag deelneem aan MY MAN KAN. Wanneer is die volgende opnames? Kan nie wag om van julle te hoor!!!!

    Leonie Vorster

  • Sumi

    Hi asb asb kan julle laat weet as daar nog ‘n reeks uitkom ek en my man wil bitter graag deel neem .

  • Eduan Schoeman

    Lekker lag en geniet tv program, ken mense wat wil deelneem aan volgende reeks, asseblief laat my weet indien daar weer is, groot asseblief, dis awesome!

  • Carin en Ben

    Ek en my man wil ook graag deelneem.Sal meer inligting wil he vir 2013-AS daar nog n reeks geskiet gaan word

  • Leanne

    Hi my naam is leeane ek het n paar idees vir julle. Speletjies soo hoeveel eiers kan jou man in 2 min kraak in n bak en daar mag nie eierdoppe in val nie anderstel dit nie of. Hoeveel kunstenaars se stemme sal jou man kan uitken