FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

‘n Baba én ‘n troue in celebville

Die Britse sangsensasie Adele het die afgelope naweek ‘n babaseuntjie, haar eersteling, in die wêreld verwelkom. Sy en haar kêrel, Simon Konecki, het gevra dat hul privaatheid in dié spesiale tyd gerespekteer word.

“Sy het die afgelope tyd uit die kollig gebly en nes geskrop, sy’s só opgewonde om ‘n ma te word,” het ‘n bron aan People.com vertel.

Justin Timberlake en Jessica Biel

Die Timberlake-Biel-troue

“Dit is wonderlik om getroud te wees, die seremonie was pragtig en ons was omring deur familie en vriende,” het die paartjie in ‘n eksklusiewe verklaring aan People gesê.

Justin en Jessica het als geheim gehou tot op die laaste nippertjie. Hoewel gaste geweet het die troue vind iewers in die suide van Italië plaas, was selfs die presiese plek nog ‘n geheim tot net voor die troue.

Dié twee is in Desember 2011 verloof en gaan al 5 jaar uit.

Die vieringe het al vroeër in die week afgeskop: Woensdagaand was daar ‘n strandpartytjie met vuurwerke en musiek. Donderdag kon gaste smul aan plaaslike kaas, wyn en olywe terwyl die oop vure hoog gebrand het.