Het jy gehoor?

‘n Beatle van ‘n Mini

Die kitaarspeler George Harrison het summier syne vol yantras en Sanskrit-mantras geverf om darem by die tydsgees te pas. MINI is vanjaar 50 jaar oud en om hierdie mylpaal te herdenk het hulle ‘n moderne weergawe van die George Harrison-MINI ontwerp.

Die kar word later vanjaar opgeveil en die winste sal aan die Material World Charitable Foundation (wat George in 1973 gestig het) geskenk word.

** MINI-aanhangers kanhulle regmaak vir een van die grootste verjaardagvieringe, naamlik MINI United in Silverstone, Engeland, wat van 22 – 24 Mei vanjaar plaasvind. Daar gaan ‘n reeks konserte, vertonings en motorwedrenne wees. As jy dit nie glo nie, kyk bietjie hier . . .