Robbie en Tracy Lange, sy mede-aanbieder by Bravo! tydens die ATKV Mediaveertjies wat die afgelope naweek in Midrand gehou is
FOTO: verskaf

Robbie en Tracy Lange, sy mede-aanbieder by Bravo! tydens die ATKV Mediaveertjies wat die afgelope naweek in Midrand gehou is FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

’n Dag in die lewe van Robbie Kruse

Donderdagaande is hy op kykNET se Bravo! en weeksoggende hou hy Gautengers op hoogte van die belangrikste sportnuus op Jacaranda FM se Complimentary Breakfast Show, maar wat doen Robbie Kruse agter die skerms? Hy deel een dag uit sy besige program met SARIE.com …

“Die dag begin vroeg wanneer my wekker so net voor vyf begin skree. Ek staan gewoonlik teen die vierde gelui baie maklik op, vang ’n stort, gooi my pantoffels aan my voete by ’n sweetpakbroek en enige hemp wat skoon lyk. Ek kom so halfses by Jacaranda FM se ateljee, waar ek dan begin skryf aan my sport vir die dag. Dié bulletins kyk na wat gebeur het, uitslae en opkomende sportgebeurtenisse.

Robbie is vroegoggend al by Jacaranda FM se ateljee FOTO: verskaf

Robbie is vroegoggend al by Jacaranda FM se ateljee
FOTO: verskaf

Ons lag ons gatte af tot so nege-uur en dan beplan ons wat die volgende oggend op die Complimentary Breakfast Show gaan gebeur. Jy weet nooit waarmee Rian van Heerden vorendag sal kom nie. Elke dag is vir my ’n nuwe ervaring. Ek is een van die min mense wat wakker word, kan lag en mense se dag bietjie makliker maak. Ons luisteraars is ons alles en ons doen alles wat ons kan vir hulle.

Dan is dit gim toe – party mense sê mos die televisie sit 10 kg ekstra by, so ek probeer maar soos die Engelsman sê in shape bly! Ek gooi ’n paar gewigte rond tot my arms seer is en dan swem ek gewoonlik ’n paar kilometer, net vir gees.

Robbie (middel) by akteur Altus Theart (links) en sy swaer, Malcolm, tydens Pierre Spies se Truckers Unite for Charity gholf-dag in Woodhill, Pretoria FOTO: verskaf

Robbie (middel) by akteur Altus Theart (links) en sy swaer, Malcolm, tydens Pierre Spies se Truckers Unite for Charity-gholfdag in Woodhill, Pretoria
FOTO: verskaf

Strekoefeninge is ook baie belangrik, want dan skiet ek gholfbaan toe vir ’n rondte saam pêlle, gewoonlik ’n gholfdag, want ons radio-omroepers kan nie eintlik bekostig om dié rykmansport te speel nie! Van die beste sakebesluite is op die gholfbaan geneem – party noem dit gholf, ek noem dit bloot ’n netwerk-geleentheid.

Werk eindig gewoonlik nie daar nie, want direk daarna gly ek in my tweede werk in – op TV se Bravo!

Hier kan ek mooi pakke aantrek en super-belangrik lyk, al is dit net vir ’n paar uur, voor dit weer sneakers en shorts is. Ons kom by baie verskillende plekke uit en ek ontmoet ook elke week ’n klomp interessante mense.

By 'n shoot was by die Protea Hotel Balalaika in Sandton, Johannesburg FOTO: verskaf

Tydens ‘n opname by die Protea Hotel Balalaika in Sandton, Johannesburg
FOTO: verskaf

TV is die lekkerste uitdaging wat ek in die afgelope twee jaar aangepak het. Ek geniet dit ongelooflik baie.

’n Dag is nie voltooi voordat ek met my lieflike moeder, Mari Kruse, gesels het nie.

Robbie vier Moedersdag saam met sy ma FOTO: verskaf

Robbie vier Moedersdag saam met sy ma, Mari
FOTO: verskaf

Ek is ’n familie-mens en tyd saam met my twee sussies en my ouers is tyd saam met gode. Solank dit met hulle goed gaan, is ek gelukkig. En dan kom ek gewoonlik so teen elfuur in die bed. Die volgende oggend … probeer ek selfs meer regkry!”