Het jy gehoor?

‘n Dogtertjie vir Andrea Bocelli

“Andrea hou daarvan om vir Virginia naby sy gesig te hou sodat hy haar kan ruik,” sê Veronica oor haar maat wat as 12-jarige sy sig verloor het.

Bocelli en sy twee seuns uit sy vorige huwelik, Amos (18) en Matteo (14), het angstig in die wagkamer gesit en gewag op klein Virginia se koms. “Toe ons die handeklap hoor, het ons ingegaan. Ek het ‘Ange Adorable’ uit Romeo en Juliet vir haar gesing,” het Bocelli gesê.

“Virginia se oë was wawyd oop, asof sy hom dopgehou het,” het Veronica gesê.

“Ek ruil nie graag doeke om nie… My werk is om haar aan die slaap te sing,” het Bocelli gesê.
Bocelli sê hy bederf nie sy kinders nie, want dit sal hulle toekoms vernietig. “Die lewe is ernstig.”