FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

’n Oscar vir Jennifer Aniston?

Gaan die vertolking in die nuwe rolprent Cake vir Jennifer Aniston haar eerste Oscar-beeldjie gee?

Die internasionale fliekkenners dink so. Daar is baie buzz oor Jennifer se spel in haar nuwe film, alhoewel dit nog nie eers op die silwerskerm wys nie.

Kritici het dit al wel gesien en sê haar vertolking van ’n vrou wat chroniese pyn het, kan beslis vir haar ’n Oscar-benoeming, en dalk selfs die beeldjie, in die sak jaag.

Dié fliek het al by filmfeeste, soos die Toronto Filmfees, gewys en die resensies was almal baie gunstig.

Dié rol kan Jennifer se hele loopbaan in ’n ander rigting stuur, want tot dusver is sy bekend vir romantiese rolle, eerder as vir haar dramatiese toneelspel.

Só lyk die plakkaat vir Cake

cake-

Lees ook