Het jy gehoor?

Het jy dít van Chuck Norris geweet?

Daar’s baie grappe oor die legendariese Chuck Norris. Soos het jy gehoor dat Chuck Norris se trane ernstige siektes kan genees, dis net jammer dat hy nog nooit gehuil het nie. Of dat Chuck Norris vir Ellen Degeneres weer in mans laat belangstel? Maar alle grappe is vir eers op ’n stokkie nadat Norris, wat in die TV-reeks Walker, Texas Ranger gespeel het nou werklik ’n Texas Ranger geword het. Die sogenaamde Lone Star-staat het aan hom dié ere-titel toegeken. Die seremonie waarin die 70-jarige Norris vereer gaan word met ’n ere-Rangers skild, gaan in Dallas plaasvind. 

Bron: imdb.com

  • Nicolene

    Ek vir een is mal oor Chuck Norris (al is sy goed nou al bietjie oud). En ek dink al die grappies en goed wat oor hom is is mense (veral mans) wat nie lekker besef dat hy eintlik net op tv is nie en wat geintimideer woel deur sy uitbeelding van ‘n uiters manlike man met ‘n sagte kant wat hy wys. Meeste mans maak altyd sulke grappe as daar mans is wat regtig manlik is in die omgewing is.