Het jy gehoor?

Maria Sharapova maak nou soetgoed

Maria Sharapova se sukses op die baan het ook vir haar sakesukses besorg. Nie net help sy met ontwerpe en advertensies vir Nike en TAG Heuer nie, maar nou is sy ook baas van haar eie maatskappy, Sugarpova.

En die eerste produk wat Sugarpova op die rakke het, is lekkergoed. Maria, wat lief is vir soetgoed, het as kind lekkers as beloning vir ’n goeie tennisoefening gekry.  

Nou bou die 25-jarige ’n maatskappy op die rug van dít waaroor sy mal was as kind: lekkergoed. Sy het haar eie geld ingestoot (ongeveer R4,5 miljoen) om Sugarpova se lekkergoed-reeks op die been te bring.  

“Vir eers vind Sugarpova haar voete met die lekkergoed. Maar in die toekoms sal daar ook ’n klere- en kosmetiese reeks wees,” sê die tennisskoonheid wat in Rusland gebore is.

Die lekkergoed is in mooi helder verpakkings wat, volgens haar hoof- uitvoerende beampte, dit van ander lekkergoed onderskei. Dit is hoofsaaklik jellie-lekkers, selfs ’n soort wat soos tennisballetjies lyk!

Maria Sharapova se Sugarpova lekkergoed-reeks

’n Pakkie Sugarpova-lekkers sal jou wel 6 keer meer uit die sak jaag as die gemiddelde lekkergoed op die rak.  

Die lekkergoed is nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar eers net in Amerika en Australië. Dit word later die jaar uitgebrei na ander wêrelddele soos die Verenigde Koninkryk, Japan, Kanada, Rusland, Indië en China.

Maria is verbaas oor die goeie verkope in Amerika in die eerste 3 maande wat dit daar op die mark was. “Ons het nie ’n groot begroting vir bemarking en advertensie nie,” sê die tennisster wat al ál 4 die Grand Slam-toernooie gewen het. “[Bemarking] is nie ons groot doel nie, want ek is die gesig van die produk en ek reis die wêreld oor en dan vra mense my uit daaroor.”

Maria Sharapova se Sugarpova lekkergoed-reeks

Maria het bekendheid verwerf toe sy in 2004 as 17-jarige die vroue-enkelspeltitel op Wimbledon gewen het. Met al haar toernooi-geld en geld wat sy kry vir advertensies vir Nike, Samsung Electronics, Tiffany en ander maatskappye, verdien sy jaarliks byna $28 miljoen (ongeveer R250 miljoen).    

  • Cat

    "Op die rug van dit wat haar plesier besorg het as kind" . Die sin is ‘n verstommende verskynsel, so erg dat ek wonder of julle joernaliste wat voorheen by die Burger gewerk het, aangestel het. Nee wat Sarie, kry julle taal reg. Ek sien deesdae al meer julle verval in die web van skindersensasie-styl en swak taal gebruik. Die gemiddelde leser verwag meer van ‘n top tydskrif.

  • Onnie

    Ek kan nie begin om die foute in die artikel uit te wys nie, want dan gaan ek nie kan stop nie

    Het sy die reeks nou weer verkoop? – Die tennisster en soettand Maria Sharapova verkoop nou haar eie lekkergoed-reeks.

    Die sin ook vreemd. Is die reeks te koop as ‘n produk of is daar verskillende lekkers wat as reeks verkoop word? – En die eerste produk wat Sugarpova op die rakke het, is ’n lekkergoedreeks.

    Geld ingestoot??? Ek het nie woorde nie – Sy het haar eie geld ingestoot…

    Die sin maak glad nie sin nie – nie eers halfpad nie. Wat is die doel van die hakkies??? – Vir eers vind [Sugarpova] haar voete met die lekkergoed. Maar in die toekoms sal [dit] ook ’n klere en kosmetiese reeks insluit,” sê die tennis skoonheid wat in Rusland gebore is.

    Die res van die artikel is so swak geskryf met tik en spelfoute, leestekens wat nie pas nie, dat ek wonder of dit die verkeerde weergawe is wat geplaas is.