jenniferaniston
Het jy gehoor?

‘n Lyf soos Jennifer Aniston: stap-vir-stap

Só aan die begin van die Desembervakansie wonder baie van ons hoe ons van die strandhanddoek tot in die water gaan beweeg sonder om te veel aandag te trek! Want die plan was om reeds 1 Januarie vanjaar met die Plan Nuwe Lyf te begin, maar die jaar het ons ingehaal. Klink dit bekend?

As daar een lyf is waarna talle streef, is dit dié van die eks-Friends-aktrise, Jennifer Aniston. Sy was nie verniet een van die sexyste vroue by ELLE se Women in Hollywood-geleentheid nie. Daar is nie ‘n enkele ronding uit sy plek nie, maar tog is sy altyd die toonbeeld van vroulikheid en sensualiteit. Die antwoord lê daarin dat sy joga by haar gewone oefenroetine insluit, sê haar joga-afrigter, Mandy Ingber.

Ingber verklap aan InStyle die sleutel tot ‘n prag-figuur is dít: “Wees lief vir die lyf wat jy hét, en gee jouself élke dag 5 tot 15 minute om net te sit en asem te haal.”

Sy stel ook voor dat jy soveel moontlik organiese groente en vrugte eet, suiker vermy en baie vloeistof inneem.

VOLG HAAR OEFENPROGRAM STAP-VIR-STAP HIER:

* Boudspiere

* Maagspiere

* Arms

*

  • Mary-Ann

    Wens ek kan ook da uitkom.