Het jy gehoor?

‘n Nuwe lewe wink vir ‘n sexy Katie Holmes

“Ek voel sexier nou as ooit tevore en is gemaklik in my eie vel.” Só verklap Katie Holmes in ‘n onlangse onderhoud met die Amerikaanse tydskrif, Elle. Dié onderhoud is gedoen slegs ses weke voor haar aankondiging dat sy van haar man van 5 jaar, Tom Cruise, gaan skei.

“Ek begin nou ‘n nuwe fase van my lewe,” sê die 33-jarige aktrise. Sy het die vrae oor Tom heeltemal ontwyk. Op die vraag of haar verbintenis met Tom haar loopbaan in Hollywood gehelp het, het sy bloot geantwoord dat dinge nie sommer net aan mens gegee word nie, maar dat iemand wat so in die kollig is juis harder moet werk.

Katie is nou besig om te fokus op haar Holmes & Yang-klerereeks saam met stilis en vriendin, Jeanne Yang. Hulle sal in September by die New York Modeweek hul lente/somer 2013-reeks wys.

  • louis

    Sy’s nog steeds mooi

  • ANTJIE

    Hulle is net ‘n normale paartjie wat gaan skei. Wil net byvoeg dat die ouderdomsverskil tussen hulle – in my opinie – net te groot is.

  • Freda

    Skei is sekerlik naas die dood die verskriklikste ding waardeur ‘n mens gaan – hoop hulle kom sterker ander kant uit!

  • Hanlie

    Hoop sy kan nou n normale lewel ly vir haar en haar kind se onthalwe..

  • Pharmb39

    Hello! acabdff interesting acabdff site! I’m really like it! Very, very acabdff good!