Het jy gehoor?

‘n Reis na die sterre met een van die wêreld se grootste sterre

‘n Veiling ter ondersteuning van amfAR (‘n liefdadigheidsorganisasie van die rolprentbedryf wat Vigs-navorsing ondersteun) het een persoon die geleentheid gebied om langs die akteur Leonardo DiCaprio te sit op ‘n vlug na die ruimte.

Dié persoon het $1.5 miljoen (R14,3 miljoen) betaal vir dié geleentheid. ‘n Tweede stel kaartjies vir twee mense op dieselfde vlug (maar nie langs Leo nie) is vir $2.3 miljoen (R21,98 miljoen) opgeveil.

Hoewel dit nog nie presies duidelik is wanneer die eerste vlug die ruimte ingestuur gaan word nie, het sarie.com onlangs by een van die bekendes wat hieraan deelneem, verneem dat dit moontlik nog voor die einde van 2014 kan gebeur. Éric Lanlard, ‘n bekende Franse pâtissier (hy het onder andere Madonna se troukoek gemaak!) het ook ‘n kaartjie op een van die vlugte. Hy is tot dusver die enigste kok wat gaan deelneem aan dié Branson-projek.

Kyk hier vir meer inligting oor Virgin Galactic: