FOTO Instagram @jankovoy

FOTO Instagram @jankovoy

Het jy gehoor?

’n Sonsverduistering op Lentedag!

Gelukkige Lentedag! Maar dit is nie ál wat vandag gebeur nie. Suid-Afrikaners kan vandag die gedeeltelike sonsverduistering sien. 

Johannesburgers kan verwag om ’n gedeeltelike verduistering van sowat 40% te sien, terwyl net 15% vir inwoners van Kaapstad sigbaar sal wees, berig Times Live. Pieter Kotze van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap (SANSA) sê die sonsverduisteing sal omstreeks 09:30 begin en duur tot sowat 12:36.

Hy waarsku ook dat niemand direk na die sonsverduistering moet kyk nie. Indien jy die oomblik wil sien, moet jy dit net met ’n gaatjiekamera (pinhole camera) bekyk. “As jy met ’n sonbril of ’n teleskoop daarna kyk, sal jy jou oë beskadig”, het hy aan Times Live gesê.

Klik HIER om te sien hoe sigbaar die sonsverduistering naby jou gaan wees.

Lees nou:

Lente is hier! Laai die kalender vir September af

Hallo, lente!

Is dít die beste advertensie van 2016?