karlien_glimlag
Het jy gehoor?

Só voel Karlien oor haar swangerskap

Ek was verskriklik opgewonde. Ek kon eintlik nie eers glo toe ek die toetsie lees en dit sê ‘pregnant’ nie. Ek het so geskree, Annatjie (haar skoonsuster) het opgehardloop in die huis want ek was by haar gewees. En toe sê ek vir haar – want dit is so digital toetsie – hy dink nog, want hy flash nog so uurglas … Toe sê sy ‘Ja, want hy is besig om uit te werk hoe lank jy al swanger is!’

Dit was baie exciting vir my en Derick het sommer begin huil … Hy is verskriklik opgewonde, hy kan nie wag om die baba te kry nie. Ek dink hy hoop dis ‘n dogtertjie …

Derick het ook vir Karlien verras met ‘n Louis Vuitton-drasak – sodat baba net so stylvol soos Ma kan wees!

Sy het vanoggend ook op Twitter bevestig dat sy ‘n tweeling verwag:

Karlien was Dinsdag na die ginekoloog en het daarna getwiet: “Die sonar was WONDERLIK WONDERLIK AMAZING AMAZING.”

Haar ma, Ronel Brink, het getwiet sy het groot nuus, maar dat haar mond (vir eers) “gesnoer” is. “My hart juig. My glimlag breed.” Duidelik gaan sy ‘n trotse ouma van dié tweeling wees.

Karlien het ‘n week voordat sy uitgevind het dat sy swanger is in ‘n onderhoud met sarie.com gesê sy sien vreeslik uit om kinders te kry. (Lees die onderhoud hier.)

FOTO: Karlien saam met Bobby se seun Sion

Sy het ook grappig aan die begin van die jaar in haar nuusbrief geskryf dat wanneer sy en Derick swanger word, dit ‘n tweeling sal moet wees om op te vang met haar broer, Bobby van Jaarsveld, wat reeds twee kinders het – min wetende dat net ‘n paar maande ná dié uitlating, dit wel die geval gaan wees!

Addisionele bron: Volksblad