FOTO Nielen de Klerk

FOTO Nielen de Klerk

Het jy gehoor?

Koningin Elizabeth “amptelik” 90

’n Volle 90 jaar oud – en met ’n helder uitrusting om daarby te pas.

Koningin Elizabeth II het Saterdagoggend tydens die jaarlikse Trooping of the Colour-plegtigheid haar amptelike 90ste verjaardag gevier.

Die hele Britse koninklike gesin, sowel as 1 500 offisiere en meer as 300 perde, het aan die jaarlikse tradisionele militêre parade deelgeneem.

Die koningin, wat bekend is vir haar neutrale uitrustings, se helder groen klere het byna dadelik aandag getrek. “Net die koningin kan so kleur dra,” het party op sosiale media gesê. Ander het haar dapper styl geloof. Maar die skare kon haar nie miskyk in die see van rooi en swart van die offisiere wat langsaan haar koets deur die strate gemarsjeer het nie.

FOTO: Nielen de Klerk

FOTO Nielen de Klerk

FOTO: Nielen de Klerk

FOTO Nielen de Klerk

Prinses Charlotte, die dogter van prins William en sy vrou Catherine, hertogin van Cambridge, was een van die sterre van die dag toe sy haar eerste balkonverskyning gemaak het. Die plegtigheid word afgesluit met ’n verbyvlug van militêre vliegtuie oor Buckingham-paleis, waar die koninklike gesin die verrigtinge van ’n balkon af dophou.

Charlotte (13 maande) het soet in haar ma se arms gesit en net haar hande na haar ore gebring toe dit blyk dat die geraas te hard word.

FOTO: Nielen de Klerk

FOTO Nielen de Klerk

Haar ouer boetie, George (2), was meer woelig en het nuuskierig na die skare en vliegtuie gekyk. George het dieselfde hemp gedra as wat sy pa as kleuter meer as dertig jaar gelede tydens prins Harry se doop gedra het.

FOTO: Nielen de Klerk

FOTO Nielen de Klerk

Feesvieringe is egter lank nie verby nie, met ’n straatpartytjie wat vandag voor die paleis gehou gaan word.

By hierdie geleentheid, wat deur die koningin se kleinseun Peter Phillips gereël word, sal ’n beraamde 10 000 mense aan ’n piekniekstyl ete weglê. Gaste is meestal verteenwoordigers van die byna 600 liefdadigheidsorganisasies waarvan die koningin die beskermvrou is.

Ander partytjiegangers sal die koninging se verjaardag kan vier met kroeë wat later oopbly en verskeie tema-partyjies wat in die stad gehou word.

Nielen de Klerk is ’n vryskutjoernalis in Londen.