FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Het jy gehoor?

Naak Kim Kardashian kap terug

“Genoeg is genoeg! Laat my toe om myself te wees.” Dis Kim Kardashian se reaksie ná sy kritiek ontvang het oor twee naakfoto’s wat sy op sosiale media geplaas het. 

Sy het gister ’n verklaring op haar webtuiste geplaas, berig Jezebel.

“Ek doen nie dwelms nie, ek drink skaars en ek het nog nooit ’n misdaad gepleeg nie. Maar oor ek trots is op my liggaam, is ek ’n slegte rolmodel.”

Twee dae gelede het Kim haar eerste naakfoto op Instagram gedeel.

When you’re like I have nothing to wear LOL

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Dit was nie lank nie of die sangeres Bette Midler en ander celebs het haar begin kritiseer.

Kim het gou teruggekap. Mense het later begin wonder of haar man, Kanye West, nie namens haar begin twiet het nie.

Sy het toe ’n tweedenaak foto op sosiale media geplaas. En dit ook haar profielfoto op Twitter gemaak.

In haar verklaring het sy gesê in 2016 behoort niemand meer sulke neerhalende kritiek teenoor ’n vrou te sien nie.

“Ek word deur my liggaam en seksualiteit bemagtig. Ek wil nie hê my dogter moet grootword in ’n wêreld waar sy minderwaardig voel nie. . . Ek mag sexy wees,” skryf sy verder.

Die sanger Miley Cyrus het gister perspektief op die Kim-debakel probeer plaas. “Kom ons hou op baklei en vier mekaar as vroue. Dis immers Internasionale Vrouedag,” het sy op Instagram geskryf.

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, het in ’n meningstuk op Netwerk24 geskryf.

“Toe Kim daardie kaal-selfie op Instagram deel, het dit my nie geskok nie, dit het my nie beïndruk nie, dit het my nie vermaak nie. Dit het my net teleurgestel. Nie omdat sy kaal is nie (dit is vir seker nie die eerste keer dat sy sonder ’n draad klere op die internet verskyn nie), nie omdat ek ’n morele beswaar teen naaktheid het nie, nie omdat sy ’n ma is nie (ek dink dit staan elke ma vry om te doen wat sy wil). Maar bloot omdat dit so geyk, voorspelbaar en pleinweg vervelig is.”

Lees die volledige debat op Netwerk24.

Lees nou