FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Nadia Beukes se verlowingsfoto’s

In Januarie het die aktrise en voormalige Boer soek ’n vrou-aanbieder, Nadia Beukes, in die Franse Alpe verloof geraak aan Dave de Villiers, ’n eiendomsontwikkelaar van Pretoria.

“Ek sit in die wolke en ís in die wolke. Ek sien uit na die res van my lewe saam met hom!” het Nadia destyds aan Fanie Cronjé vertel.

Die paartjie het hul amptelike verlowingsfoto’s met SARIE.com gedeel. Volgens Dave het dié fotosessie op die 11de verdieping van een van sy boupersele plaasgevind.

“Ek dink die bouers het nog nooit so iets in hul lewe gesien nie. Die hele site het amper tot ’n stilstand gekom,” vertel Dave aan Fanie.

En ná al die maande is Nadia steeds in die wolke!

“Die verlowing voel soos ʼn aand voor Kersfees! Ek weet môre wag daar vir my ʼn wonderlike geskenk – hoe is daai vir ʼn metafoor? Elke keer dat iets gebeur, van ʼn klerepassing tot ʼn gas wat sê hulle gaan op die troue wees, kom ons nader aan die troue. En die tyd vlieg so vinnig. Ek kan nie glo dis al April nie!” het sy opgewonde aan Fanie vertel.

Die fotosessie was vir albei opwindend. Al het Nadia hoogtevrees, was dit steeds lekker om Dave se wêreld te sien.

“Ek ken dit nie. My wêreld is een van foto’s en kameras. Hier met ons verlowing het ons wêrelde een geword!”

En vir Dave was dit snaaks om te sien hoe hy, Nadia, twee fotograwe en twee stiliste “met hard hats en site boots deur die scaffolding kruip.”

“Nadia het baklei oor die hard hat, maar ongelukkig kom veiligheid bo die hairdo.”

Kyk net die pragtige foto’s wat die fotograaf Hanri Human geneem het!

Vir die paartjie is dit net die begin van ’n ongelooflike avontuur.

“Ek hoop ons gaan nog baie hoogtes saam bereik, dit lyk so. Want ons het op ʼn berg verloof geraak en ons foto’s is op ʼn hoë gebou geneem,” vertel Nadia laggend.

- Nadia se rok is deur Zelma Du Preez van DUPREEZ.

Lees nou

LEES DIT EERSTE: Nadia Beukes is verloof!

Nadia Beukes gesels openlik oor nuwe kêrel

Celeb-resep: Nadia Beukes se ‘Soet-sout teekoek à la Ouma’