sr0711lyksoos01
Het jy gehoor?

Nádine wen gesogte internasionale prys

Ons eie Nádine het Coldplay en Ladyhawke (van Nieu-Seeland) se tjank afgetrap.

Sy was ekstaties en het gesê dié gesogte toekenning het haar selfvertroue verseker vir die bekendstelling van haar CD in Europa oor 3 maande.

“Ek’t pas uit my Duitse klas gekom, op pad om iets te kry om te eet, toe ek ‘n e-pos uit Europa ontvang. Dis so ‘n eer om te weet dat hierdie liedjie soveel mense aangeraak het, veral as jy dink uit hoeveel lande die beoordelaars kom,” het Nádine gesê.

Die World Peace Song Festival vind jaarliks sedert 1996 plaas en word deur die OGAE (Organisation Générale des Amateurs de l’ Eurovision) aangebied. Lande van regoor die wêreld stuur hul liedjies in vir hierdie kompetisie.

Nádine se bestuurder in België, Hugo Foets, het gesê hierdie toekenning laat val weer eens die kollig op Nádine, ‘n sanger wat hy glo ‘n superster-in-wording is. Iemand met ‘n wêreldklas-stem.

“Hierdie is ‘n wonderlike reis, en ek moet my span in SA en in Europe bedank,” het Nádine gesê.

  • KARIN

    Baie geluk Nadine, ons is baie trots op jou. Dis ‘n lieflike lied en ek het vandat ek dit die eerste keer gehoor het, gedink dis van internasionale gehalte!!!