FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Model Behati Prinsloo beplan gesin saam met sanger Adam Levine

Die Namibiese model Behati Prinsloo het voordat sy en sanger Adam Levine afgehaak het, reeds gesê sy wil kinders hê, skryf Net-a-PorterLees die volledige artikel hier.

Behati, wat in 2009 ’n Victoria’s Secret Angel geword het, het vertel sy en die Maroon 5-sanger het beslis planne om kinders te kry. En dít van Adam, wat voordat hy met Behati begin uitgaan het, gesê het hy wil nie trou nie!

Sy en Adam, wat sy lyf akteur hou saam met Keira Knightley in die nuwe fliek Begin Again, is op 19 Julie by ’n vakansie-oord in Mexiko getroud. Die paartjie gaan nou in Suid-Afrika wittebrood hou, berig Us Weekly.

Behati het in ’n onderhoud met Net-a-Porter verklap dat sy nie te ver in die toekoms kyk nie. “Ek het geen verwagtinge nie … nie op ’n slegte manier nie, maar ek het geleer dat jy nie vooruit kan beplan nie. Ek leef dag tot dag en kyk wat gebeur. Dis vaag, maar dis hoe ek daarvan hou.”

Voor haar troue met Adam, wat verlede jaar deur People aangewys is as die sexyste man in die wêreld, het Behati vertel dat sy baie opgewonde is oor die groot dag. “Dit gaan awesome wees!”

 

Ander Victoria’s Secret Angels wat ma’s is

Om kinders te hê beteken egter nie ’n einde aan Behati se Victoria’s Secret Angel-loopbaan nie. Ander modelle wat dié gesogte titel ná swangerskap behou het, is onder meer:

  • Lily Aldridge, wat net 4 maande ná die geboorte van haar eersteling weer op die loopplank was
  • Die Nederlander Doutzen Kroes
  • Adriana Lima is ’n ma van twee
  • Ma van twee Alessandra Ambrosio sê Pilates-oefeninge is die geheim vir haar vietse lyf

Bronne: Net-a-Porter,  Us Weekly en Hollywood Take

Meer oor Adam en Behati op SARIE.com