adam_levine_behati_getty
Het jy gehoor?

Namibiese model maak internasionale televisiereeks nóg warmer

Die 23-jarige Victoria Secret-model speel ’n model wat agtervolg word deur ’n vrou met moorddadige gedagtes. En niemand anders as dié reeks se ster, Danno (Scott Caan), kan haar red nie.

Die televisiereeks word in Hawaii geskiet – iets waaroor Behati baie opgewonde was. “Hawaii is een van my gunsteling plekke op die planeet. Toe ek hoor ons skiet in Hawaii, toe besluit ek dadelik: ‘Ek’s daar! Ek sal dit doen!’”

Behati Prinsloo op haar laaste dag van Hawaii Five-0

Die regisseurs van dié reeks het haar geprys vir haar spontaniteit voor die kamera. Ons wonder wat het haar kêrel, Adam Levine, (foto bo) die hoofsanger van Maroon 5, daaroor te sê …

Die episode het reeds in Desember in Amerika gewys, maar die derde reeks van Hawaii Five-0 begin glo eers in Junie op DStv.

Hier is solank ’n voorsmakie vir dié episode: