Nataniël en sy broer Erik
FOTO: Clinton Lubbe

Nataniël en sy broer Erik FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

‘Nantes’ se Erik kry Instagram

Nataniël en sy broer, Erik le Roux, het verlede jaar kykers van die gewilde kykNET-leefstylreeks Edik van Nantes vermaak. Erik en sy gesin se Nantes-avontuur in Frankryk het intussen so gewild geraak dat hy besluit het om Instagram te kry.

Met persoonlike foto’s uit Nantes sal mense op sosiale media ’n blik op die Le Roux-gesin se lewe kry.

FOTO: Erik Le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik Le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

Die reeks – met dié twee wat kook en huis herstel – het grootliks in ’n leë kliphuis afgespeel. Die huis is op ’n plaas wat behoort aan die uitgebreide familie van Nathalie, Erik se Franse vrou, en ook ’n Le Roux-afstammeling soos die twee broers.

Kyk net al Nantes se geheime

Luccia

A photo posted by Erik (@nightlunch) on

Giulia

A photo posted by Erik (@nightlunch) on

Kersvader

A photo posted by Erik (@nightlunch) on

Outyds

A photo posted by Erik (@nightlunch) on

In SARIE se Oktober 2015-uitgawe het ons die geheim van Nantes ontsluit. En nes vir Erik het Nantes ook diep in Nataniël en die res van hul produksiespan se harte gekruip.

“Soos alles waarin ek glo, gaan die reeks oor eenvoud. Vars bestanddele, goeie geselskap en ’n bietjie verbeelding. Die Franse lewe vir hul maaltye en doen ongelooflik baie moeite. Hier [in SA] jaag ons agter ander goed aan. Dit gaan oor balans. Jou lewe en jou familie is baie belangriker as jou loopbaan of wat die res van die wêreld van jou dink. En jy hoef nie oorsee te wees om ’n gehaltelewe te hê nie. Dit verg net ’n bietjie moeite, maar dis die moeite werd.

 – Nataniël

’n Terugblik op Edik van Nantes 

FOTO: Erik Le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik Le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik Le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

FOTO: Erik le Roux, Lyn Kennedy, Janhendrik Burger

Vir die volledige artikel koop SARIE se digitale weergawe van die Oktober 2015-uitgawe.

Lees nou