Het jy gehoor?

Natalie du Toit vereer by Laureus, die Oscars van sport

Die ander groot wenners van die aand is die formidabele atleet Usain Bolt, wat vir die tweede jaar agtereenvolgens as die wêreld se beste sportman bekroon is. Die Amerikaanse tennisster Serena Williams het vir die tweede keer weggestap met die louere as Sportvrou van die Jaar – sewe jaar nadat sy dié toekenning die eerste keer gekry het. Sy is ook in 2007 bekroon as die sportpersoon wat die beste terugkeer gemaak het.

Die Formule 1-kampioen Jenson Button van Brittanje het die toekenning Deurbraak van die Jaar gewen.

Die Laureus-toekennings het al die glitz en glam van ‘n Oscar-aand. Vanjaar het die Oscar-bekroonde akteur Kevin Spacey as seremoniemeester opgetree, met sterre soos Gwyneth Paltrow, Hugh Grant, Clive Owen, en die Grammy-benoemde sanger en liedjieskrywer Mika wat in die ouditorium van die indrukwekkende Emirates-paleis in Aboe Dhabi te sien.

Nog ‘n pluimpie vir Suid-Afrika is dat dr. Johann Rupert ‘n groot rol gespeel het in die totstandkoming van die Laureus-stigting destyds.

Hier’s ‘n vinnige kykie na Gwyneth Paltrow op die rooi tapyt.

Klik vir ‘n volledige biografie van elke wenner.

Hier deel Natalie haar hoop, vrese en lewenslesse met sarie.com.