Het jy gehoor?

Natalie maak weer so

Die swemwonder Natalie du Toit is Donderdag aangewys as Sport24 (www.sport24.co.za) se Ster van die Jaar – en sy’t die krieketwonder JP Duminy kis geboul met meer as twee keer soveel stemme van Sport24 se lesers.
Op ‘n vraag oor wat op haar iPod is: “I Wish I Was a Punk Rocker”. Sy sê musiek speel ‘n groot rol in haar lewe omdat dit haar bui kan verander, “maar daar’s nie ‘n spesifieke liedjie waarna ek luister as ek vir ‘n byeenkoms voorberei nie”.