FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Natalie Portman se man ster van dokumentêr

Die Oscar-wenner Natalie Portman se man, Benjamin Millepied, is die ster van ’n nuwe dokumentêre prent.

Reset handel oor Benjamin, ’n bekroonde danser en choreograaf, wat in Oktober 2014 aangestel is as die dansdirekteur van die Paryse Opera- en Balletgeselskap.

Verlede jaar het hy dit reggekry om unieke produksies op die been te bring, hul sosiale media op te bou en om selfs suksesvolle fondsinsamelings te hou vir groot produksies.

Uitmergelende ure, kritici se oë op hom en ’n verhoog vol dansers is van die uitdagings wat Benjamin met sy eerste produksies moes hanteer.

In Februarie vanjaar het hy aangekondig dat hy teen 15 Junie as direkteur van die balletgeselskap gaan bedank, berig The New York Times.

Benjamin en Natalie gaan Los Angeles toe verhuis. Die paartjie, wat al sedert 2012 getroud is, het mekaar op die stel van die rolprent Black Swan ontmoet, waar hulle teenoor mekaar gedans het. Natalie het in 2011 die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar rol in dié prent.

Hul enigste kind, Aleph, is vier jaar oud.

Kyk die lokprent van Reset hier

Lees nou

Jy móét hierdie video’s kyk – duisende het al

Model en aktrise dra herwonne plastiek op rooi tapyt

Harvard vir Malia Obama ná gap-jaar