FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Natalie Portman speel in Shakespeare op die grootskerm

Die 31-jarige Natalie Portman (Black Swan) gaan in die Macbethfilm speel. Met haar en Michael Fassbender (Prometheus) in dié film kan jy maar weet die skoolboeke gaan eenkant toe geskuif word en die film gaan as eksamenvoorbereiding gebruik word.

Die film beloof om al die intriges van die oorspronklike drama te behou. En met See-Saw Films wat dit vervaardig – dieselfde maatskappy wat The King’s Speech vervaardig het – behoort die film se dramatiese kwaliteit hoog te wees.

Die drama wat in die vroeë 1600’s geskryf is, word wel gemoderniseer – in watter opsigte is nog nie duidelik nie, berig The Hollywood Reporter.

Dit lyk of die drama nie net in die film gaan wees nie, maar ook op stel. Natalie en Michael sou ook teenoor mekaar in Jane Got a Gun gespeel het wat volgende jaar vrygestel word. Maar nadat die regisseur, Lynne Ramsay (We Need to Talk About Kevin) van die projek onttrek het, het Michael gevolg – die rede hiervoor is nog onduidelik. Jude Law het sy plek ingeneem. 

Hou sarie.com dop vir nog nuus rondom groot films waarna jy kan uitsien.

TEKEN IN op SARIE/SARIE KOS