FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Swanger Natalie Portman straal

Sy is vir haar derde Oscar benoem vir haar rol in die biofilm Jackie. Maar dis nie al waaroor dié Amerikaanse aktrise opgewonde is nie. Sy is swanger met haar en haar man, Benjamin Millepied, se tweede kind. En in Vanity Fair se Hollywood-uitgawe straal sy behoorlik!

Die bekroonde Amerikaanse fotograaf Annie Leibovitz het Natalie afgeneem met ’n laken wat haar naakte liggaam bedek. Net haar bababoep was sigbaar.

NEW: Natalie for Vanity Fairs ‘Hollywood special’ issue#NataliePortman A photo posted by Natalie Portman (@natalieportmanpage) on

Annie het destyds ’n soortgelyke foto van die Hollywood-aktrise Demi Moore geneem. In 1991 het sy naak op die voorblad van Vanity Fair verskyn, met een arm wat haar borste toehou en die ander een wat onder haar maag rus. Sy was swanger met haar en haar eksman Bruce Willis se tweede kind, Scout.

demi-moore

Kyk net hoe pragtig is die res van die foto’s:

Lees nou

Katherine Heigl wys pienkvoet

Video: Kry pienk ombré-lippe soos Bella Hadid s’n

Video: Kry pienk ombré-lippe soos Bella Hadid s’n