Het jy gehoor?

Nataniël by Aardklop

Omring deur musikante, sielkundiges, grimeerkunstenaars en engele skuif Nataniël sy vrees vir kunsfeeste tydelik opsy en betree Potchefstroom vir een enkele vertoning – sy eerste in agt jaar by Aardklop. En SARIE is die borg, hy’s immers al 8 jaar een van ons gewildste rubriekskrywers.

Dié konsert bestaan uit sy nuutste stories en musiek. Daar is Engels, Afrikaans, pop, rock, blues, jazz, komedie, fantasie, trane en ‘n reeks asembenemende uitrustings. (En, sê die program, geen kinders, kakie of kortbroeke.)

Hy word begelei deur Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Corné Dannhauser (baskitaar) en Vincenzo Henrico (tromme). Die kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Bespreek jou kaartjies by www.aardklop.co.za
29 September, 20:30 (Sanlam-ouditorium – 75 min)

  • Rika Haasbroek

    Wat ‘n FEES om hom weer in aksie te sien. Het sy show terdee geniet.