Nataniël en sy broer Erik
FOTO: Clinton Lubbe

Nataniël en sy broer Erik FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Nataniël en sy broer kook saam – en dis skreeusnaaks

Nataniël en sy broer, Erik le Roux, het vroeër vanjaar saam gekook vir ’n episode van Die Nataniël Tafel op kykNET. Lydia van der Merwe het gedink sy sien dubbel en hoor eggo’s weerklink – eers op planeet Kaalkop, toe op Aarde.

Hier op planeet Kaalkop gebeur alles mos in die oortreffende trap. Nie net is dit die warmste dag sedert die Skepping nie. Dis die lelikste buurt in die heelal. Vlieë, so groot soos vlermuise, hang lui rond – besoekers van die vismark net om die hoek. Dié dag word driehonderd potjies poeier gebruik om die sweet op ons sterre se koppe te klad …

SARIE-joernalis se Lydia van der Merwe het die gesprek tussen dié broers vasgepen. Hier is ’n kort uittreksel daarvan:

Nataniël: “Ons familie maak verskriklike mooi kinders, ons kan ’n mark begin. Erik s’n lyk soos cupids wat uit ’n boom geval het. In die straat staar mense na hulle … Die Franse babas is mos baie lelik.” (Erik en sy Franse vrou, Nathalie, en hul twee dogtertjies, Luccia, byna 5, en Gulia, 18 maande, woon in die historiese stad Nantes, Frankryk.)

Erik: “Die Franse het mos die neuse …”

Nataniël: “Ons maak mooi babas, ek’s die enigste een van ons kinders wat nooit my babagesig verloor het nie. Op ses maande het my ma’le my kaal op ’n tiervel afgeneem. My profiel het nooit verander nie.”

 

Lees die volledige (en snaakse!) onderhoud in die November-uitgawe van SARIE – nou op die rakke!

November 2014 andrea streso nov

Lees jou SARIE op jou rekenaar, tablet of slimfoon – KLIK HIER.