FOTO: Clinton Lubbe (Geneem vir die Desember 2014-uitgawe)

FOTO: Clinton Lubbe (Geneem vir die Desember 2014-uitgawe)

Het jy gehoor?

Nataniël kry 11 Naledi-benoemings!

Ons gunsteling-Kaalkop se musikale produksie After Animals het 11 benoemings vir die gesogte Naledi-teaterpryse gekry. Nataniël is onder meer benoem in die kategorieë vir beste regisseur, beste produksie, beste musikale regisseur en beste manlike speler. 

“Ons het vanjaar die hoogste standaard nog in ons kunste beleef,” het Dawn Lindberg, uitvoerende hoof van die Naledi-toekennings, in ’n persverklaring gesê.

In die spelkategorie vir musiekblyspele ding Nataniël mee met Jonathan Roxmouth, Tobie Cronjé en Alan Committie.

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Talle ander Afrikaanse kunstenaars het ook benoemings ontvang. Anna-Mart van der Merwe en Antoinette Kellerman is as beste aktrise en Wessel Pretorius as beste akteur benoem. Carel Nel is as beste manlike byspeler benoem en die bekroonde regisseur Marthinus Basson het ’n benoeming vir regie losgeslaan.

Kliek HIER vir die volledige lys.

Baie geluk, Nataniël!

Lees nou