almon9
Het jy gehoor?

Nataniël in kunsfliek te sien

ALMON, HENRY, is ’n kort kunsfliek met Nataniël en Armand Aucamp, wat ook in Ballade vir ‘n enkeling te sien is, in die hoofrolle.

Dié fliek wat verlede jaar by die Silwerskermfees te sien was, is die verhaal van ’n student wat tydens ’n vakansie sy ouers se huis oppas. Hy word bewus van ’n eksentrieke figuur in die woud langs die huis, en uiteindelik vind ’n ontmoeting plaas.

ALMON, HENRY word eerskomende Saterdagaand om 21:00 op kykNET uitgesaai.

Kyk hier na die lokprent

 

Lees ook