Het jy gehoor?

Nataniël by Pretoria Kook

Jy kan uitsien na ’n uitstekende kookdemonstrasie en ’n heerlike topklas-driegangmaaltyd met Nataniël.

[box:full:grey:both]

Kom kuier 31 Augustus om 19:30 by die Atterbury Teater vir dié kos-program.

Kaartjies kos R150 p.p. en is beskikbaar by Computicket.

[/box]

Verversings en ‘n geskenkpak met onder meer Nataniël se resepte is by die kaartjie ingesluit.

Atterbury Teater en SARIE bied maandeliks Pretoria Kook aan, met ‘n kunstenaar-sjef wat die gehoor  leer kook.

[box:full:grey:both]

Hier is Nataniël se staatmaker-geregte wat áltyd ’n wennner is

[/box]

  • Gebakte eiervrug met of sonder kaas of eier
  • Pasta gemaak van semolina en water
  • Gebakte polenta met gepaste pizza-vulsels
  • Groente gebak in lae met ’n sous van tamatie en basiliekruid
  • Sop met boontjies, broccoli, gemengde groente of lensies
  • Risotto – in elke aanvaarbare geur!
  • Suurlemoen-koeskoes met jong tamaties en gebraaide halloumi
  • Druiweblare gevul met rys of feta en komkommer
  • Vir ’n braai: Heel aartappels met verskillende vulsels of souse, en gemarineerde sampioene op ’n stokkie
  • Rysnoedels met groente en rissiesous
  • Indiese rysgeregte, groentekerries en jogurtsouse

Vir nagereg:

  • Pruime gebak in lemoensap
  • Vars vrugte met jogurt en donkersjokolade
  • Meellose sponskoek met aarbeie en gemengde bessies
  • Dadels gevul met neute
  • Sitrusslaai met kaneel

Pretoria Kook word elke laaste Woensdag van die maand tot einde November 2011 aangebied.

Maak dan sommer ‘n draai by Rhapsody’s in die Lynnwood Bridge-sentrum vir ’n dekadente glas sjampanje en truffels.

*Prenox verskaf alle kombuistoerusting vir Pretoria Kook.

Volg SARIE op Twitter en Facebook