Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Natasha Sutherland daag jou uit om te gee

“Ek glo boeke het ’n wonderlike manier om op presies die regte tyd van jou lewe in jou hande te val,” vertel Natasha.

En die boek was nie ’n uitsondering nie.

“Juis in ’n maand dat ek emosionele en finansiele uitdagings moes deurmaak, kom dié boek oor my pad,” sê sy.“Ek weier om myself jammer te kry en te stres oor goed wat buite my beheer is, so ek spandeer eerder my energie op iets positiefs.”

Natasha is mal oor sulke uitdagings en eksperimente. “Ek wil aan myself én die wêreld bewys hoe liefde en dankbaarheid jou lewe kan verryk. Dit maak my opgewonde om in die oggend op te staan

 

Ek weier om myself jammer te kry, so ek spandeer eerder my energie op iets positiefs.”

 

en nie te weet wat of vir wie ek iets gaan gee nie. En die beste van alles is dat jy nie geld hoef te gee nie, dit is dikwels die klein goedjies wat vir ander die heel meeste beteken.

“Dis ’n wonderlike en opwindende reis om op te wees, veral om nie te weet waarheen dit jou sal lei nie. “Ek voel ligter, gelukkiger, lewendiger en asof die wêreld meer sin maak. Hierdie denkpatroon van gee en ontvang gee my meer perspektief op dele van my lewe, soos my tekortkominge en dit waarvan ek oorgenoeg het.”

Natasha wil graag hierdie positiewe energie met die wêreld deel. Want hoe meer sy gee en daardie waardering aanvoel en dit deel met ander, hoe meer word daardie energie.

In haar nuwe boek, Sprokie of Fairytale, skryf sy oor hoe om jouself te wees en jou doel op aarde te ontdek. “Wanneer jy is waar jy waarlik wil wees, kan jy begin om op te tree soos iemand wat doelgerig leef. Jou dade word dan wie jy is,” skryf sy.

“Mens moenie gee omdat die wêreld dit van jou verwag nie, jy moet gee omdat dit is wie jy is. Wanneer jy gee omdat jy voel jy moet, kanseleer dit die betekenis daarvan. Wat die wêreld die meeste nodig

 

Ek voel ligter, gelukkiger, lewendiger en asof die wêreld meer sin maak.

 

het is integritiet en opregtheid. “Dit is so lekker om op die klein verrassings langs die pad af te kom. Dit is so bevredigend. Dit is die wêreld se manier om vir jou iets terug te gee. Soos dat my seuns nuwe vriende maak, ’n gratis kussing by Mr. Price of komplimentêre kaartjies vir ’n konsert. Ek dink ons almal moet net meer bewus raak van dié klein ‘geskenkies’ van die lewe.”