Het jy gehoor?

Natasha Sutherland kry ‘n make over. Kyk hoe lyk sy nou!

Vir haar groot stap het Natasha gaan aanklop by Eric Way van Celebrity by Eric Way en sy ‘Dream Team’: Edith Kemp van Dream Nails, grimeerkunstenaar Cicilia Kaufmann en haarstilis Jan de Beer. Natasha, as handelsmerk-ambassadeur van die voorste velsorgreeks Placécol en Dream Nails, het Vrydag dié splinternuwe voorkoms gekry vir Saterdag (24 Julie 2010) se Placécol en Dream Nails Celebrity Make-over Event wat by The Royal Elephant Hotel & Konferensiesentrum in Centurion gehou is.

Eric Way, top internasionale mode-ontwerper en ook bekend as ontwerper vir TV-reekse soos Sex and the City en Britain’s Next Top Model, het bygestaan met raad oor Natasha se nuwe haarsnit en -kleur. Hy het ‘n korter, oneweredige, shaggy bob met ‘n kuif voorgestel wat haar ovaal gesigvorm sal komplimenteer. Dis ook ‘n maklik hanteerbare was-en-dra-styl. Hy het ook ‘n effens donkerder haarkleur gekies met verskillende kleur-aksente wat die hare nóg gesonder sal laat lyk.

Natasha wou graag ‘n lekker verandering hê, maar as ‘n ma van twee besige seuntjies wou sy steeds nie ure lank voor die spieël deurbring nie. Sy was ook moeg vir haar lang hare en het al vir ‘n ruk lank met die idee van ‘n korter haarstyl gespeel. Sy het fyn hare en het ook meer volume in ‘n nuwe haarstyl gesoek.

Haarstilis Jan de Beer het die kleur, Out of the Woods, uit die Affinage-reeks gekies. Dit het donker en ligter tone wat in natuurlike houtkleure voorkom. Vir die basis het hy Coffee gebruik, ‘n melksjokolade-kleur vir definisie, en vir aksente ‘n skakering tussen Cappuccino en Caffé Latte. Die kleur is in zigzag-patrone aangewend sodat dit goed kan vermeng en natuurliker kan lyk.

Die knipwerk is eers met ‘n skêr gedoen en toe met ‘n lemmetjie uitgedun vir volume. Dit help ook om die shaggy styl te skep.

Op Twitter twiet Natasha dat dit voel of sy wéér ‘n lang verhouding verbreek het – dié keer met haar lang hare!

Die volgende Placécol en Dream Nails Make-over Event is op 4 September 2010 in Kaapstad en dan op 2 Oktober 2010 in Bloemfontein. Eric Way gee ook elke keer ‘n mooimaaksessie weg aan iemand in die gehoor. Besoek www.placecol.com vir meer hieroor.

VOOR DIE GROOT HAARKNIP (OKTOBER 2008)

NATASHA SE NUWE ‘ROCK CHICK’-VOORKOMS

* Speel ook met meer as 120 haarstyle in die sarie.com mooimaak-sessieprogram. Dis maklik en gratis om te gebruik. Laai net jou eie foto op en speel met ‘n reeks verskillende haarstyle en grimeervoorkomste.

  • Anne-Marie Enslin

    Jy lyk Pragtig..!!
    Baie Modern dog Funky.

  • Rencia Els

    Baie stunning.. sal ook sit vir so ‘n make-over

  • AMANDA LUDICK

    Natasha lyk nou jonger en meer funky, pragtige verandering. Het self ontlangs dit gedoen – stukke beter

  • Brie

    sjoe sy lyk pragtig. Steve het’n pragtige vrou verloor .. maar ek is seker daar staan tonne mans in die ry om met jou uit te gaan . geniet dit . jy is stunning!

  • Vlinder

    You go girl – jy lyk fantasties!!!!! Net jammer dat ek nie jou styl gesien het voor ek my lang lokke ook gaan afsny het nie! Lanklaas ñ styl gesien wat so goed werk vir ñ gesig.

  • Wow!! dit vat guts. . . .welgedaan Natasha, jy lyk,mmmm, hoe kan ek se? Skrikwekkend pragtig!! Mag daai man in sy drankie stik as hy sien wat het hy deur sy VINGERS LAAT GLIP!

  • M. Richardson

    Cicilia het awesome werk gedoen met die grimering! En Natasha se hare lyk stunning!

  • KLEINTJIE

    AG LIEWE VADERTJIE TOG WAT SE ROTTE HET JY N JOU HARE LOSGELAAT. EK DINK GLAD NIE DAT DIT JOU PAS NIE, DIT LAAT JOU GESIG SO HARD EN ONGENAAKBBAR LYK, JY HET BAIE MEER SENSIONEEL GELYK MET JOU ANDER STYL EN BAIE MEER SEXY, NOU LYK JY NA N PUNKROKER WAT GLAD NIE BY JOU OUDERDOM PAS NIE MAAR EK BLY NOG STEEDS EEN VAN JOU BESTE FANS

  • Johann

    Laat ek nou maar vir die hele werled se:

    Steve was n swaap gewees om hierdie girl deur sy fingers te laat glip.

    Sy is pragtig, sal altyd wees. Jy kan haar met water nat gooi en in n kombers toedraai en sy sal nog steeds die meeste vroutjies, insluitende jongeres pak gee.

  • S CORNELIUS

    WELL DONE NATASHA. DIE NUWE HAARSTYL PAS JOU. JY LYK PRAGTIG.

  • Gladys

    Jy lyk stunning! You GO Girl!!! ‘n Verandering is netso goed soos ‘n vakansie!!

  • heila

    Dis nou voorwaar n pragtige prentjie – Natasha jy lyk 100!! Jou twee seuns kan trots wees op jou…

  • wihelm tell

    plaas hulle sommer die goofy tande ook gedoen het.wens sy wil nou ysland toe trek

  • Marius

    Nee wat .. iets is verkeerd. Wil jy nie maar alles knip nie. Steve, WIE IS SY NOU WEER?

  • Anton Gosen

    Nee wat, iets moet aan die neus en mond gedoen word. Die "droom span" droom regtig en kort ‘n make over………….

  • Chuckie

    Die engelse uitdrukking ”Mutton dressed up as lamb” is hier van toepassing. Natasha onthou tog dat in die land van die blindes, eenoog koning is.

  • Selma

    Wil net vir jou se, jy lyk pragtig, was nog altyd hoor! Dink die "make-over" was pret of hoe? Hoop jou gesin hou ook daarvan!

  • Niccy

    Aan Kleintjie – Het jou ma jou nie geleer dat as jy nie iets goed te se het van iemand nie, dan bly jy eerder stil!

  • Hannely

    Great new chique look….although you’ve always been lovely, inside and out

  • Johnny Britz

    You go girl – jy lyk fantasties!!!!! Jammer om Steve se naam te opper, maar hy laat my so aan Prince Charles dink………..Hy het hierdie "Pragtige Swaan" by die huis, maar hy ploeter met die "mossies" rond. As ek in sy skoene gestaan het, SOU EK MY Oë UITGEHUIL het………..

    Jy is 1 heel ongeslypte Diamant,NATASHA. Pas jouself mooi op !!!!!!!

  • Verbaas!

    Waarom kan die mense wat net altyd die lelik in iets sien, nie maar vir n slag stilbly! Kleintjie plaas jou foto dat ons kan sien hoe jy lyk!! Natasha jy lyk pragtig! Jy is sowaar n inspirasie vir baie van ons. Jy het na al die seer opgestaan het die beste van als gemaak…..jou kinders kan trots wees op jou! Sterkte vir als wat jy nog gaan en wil aanpak!

  • Gideon

    Persoonlik was Natasha nog nooit vir my ‘n super skoonheid nie. Wat sy ook nooit sal wees nie. Steve Hofmeyer was sekerlik vir haar lief vir die mens wat sy is. Sy is in elk geval steeds mooi genoeg en het niks om te bewys nie.

  • boetie potgieter

    voor of na die makeover pleeeeaaaasssse!!!!! Trou met my jy is die mooiste vrou in die hele wereld.

  • Esmé le Roux

    Ek kan nie glo sy lyk so stunning met haar nuwe rock voorkoms nie!! Wow sy lyk jonger ook. Steve eat you heart out!!

  • Jan de Beer

    Natasha ! Dit was net n groot plesier om saam met jou te werk en jou nuwe look vir jou te gee ! ek wil net graag vir almal n groot dankie gee vir al die posetiewe komentaar ek dink haar hare lyk great en pas haar persoonlikheid !
    Jan de Beer
    The Blade Factory Hair Studio
    011-326 2643

  • ellen

    wel gedoen natasha jy lyk wonderlik sorry steve jy het `n stunning vrou gelos

  • Sunet Westpfahl

    Kleintjie en Gideon – julle si verseker bitter, mislike mense. As jy nie iets goied het om te se nie, bly asseblief stil. Sy is n wonderlike, sterk vrou wat deur hel is en steeds sterk staan aan die anderkant.
    Ongeag wat julle dink van haar makeover, lyk sy nog steeds great.
    So asseblief – bly stil.
    Natasha en Jan – Julle maak n mean team 🙂

  • Rina

    Natasha, jy is pragtig. Voor en na die makeover, want jou skoonheid kom van binne af.

  • Marius

    Beeldskoon!

  • Peter

    Ek weet ek is nie n bekende akteur of sportman nie, maar jy is "stunning" so as jy eendag na n normale (nie beroemd nie) mens soek bel my, al is dit net vir "wine en "dine" (072 624 4921)

  • Natasha maak nie saak of dit nou lank of kort is nie, jy bly die mooiste vrou. Ek dink Steve is elke dag spyt!!

  • Yvonne

    You look stunning Natasha! Well done girl!Years younger than 30???
    If I look like Anton I will rather not have anything to say about
    any body else and their looks!!!!
    Jealousy makes you Nasty!!!
    Well done Sarie, Natasha looks incredible.

  • Eric Way

    Natasha, it was only but an honour to have the privilege to perform a makeover on you with my Dream Team. We had so much fun working with you, getting to know you was only but a pleasure! You’re truly a very special person and the makeover was really only to compliment your natural beauty. Regards, Eric Way

  • Ronel

    Ek laaik, ek laaaik ek laaaaaaik!!!!!

  • Pierré

    Spoggerig Natasha!!! Dis altyd goed om te sien wanneer vrouens vernuwe en soos die jare aanstap die vermoë het om net beter te lyk. Hou dit so!!

  • KLEINTJIE

    NICCY EN SUNET WESTPFAHL, HET JULLE AL VAN FRREDOM OF SPEECH GEHOOR?? LYK NIE SO NIE WANT EK HET NET SOVEEL REG OM TE SE AS WAT JULLE HET OM TE SE. SY LYK VIR MY OUER EN NIE SO SEXY MEER NIE MET DAAI STYL. DIT IS NIE OM HAAR AAN TE VAL NIE, MAAR NET MY MENING, JULLE IS SEKER HUPSE WYFIES NE, WELL COOL IT LADIES, EN SY IS BESLIS NIE DIE ENIGSTE VROU WAT AL DEUR MOELIKE TYE IS NIE, DAAR IS DUISENDE ANE VROUE ERGER AF AS SY, SO, EK DINK DAT SY DALK NIE VROU GENOEG WAS VIR SEVE NIE, WAAROM ANDER WEIVELDE SOEK DEUR DIE HELE TYD VAN DIE HUWELIK??????????? MAAR EK LIKE HAAR TOG NOG STEEDS, EN STRAAL N INNERLIKE STERKE UIT. STERKTE VERDER NATASHA!!!!!

  • Cathy

    Geen mens het die reg om iemand te veroordeel nie! Ek praat van die mense wat sulke vieslike aanmerkings maak oor ander! Almal het ‘n keuse om te doen wat hulle gelukkig maak en goed laat voel. "Beauty is in the eye of the beholder", maar dit beteken nie die vlymskerp lemmetjie tonge wat niks moois te se het oor ander, hoef die mooi vir ander lelik te maak nie! Dis waar wat mense se, as jy niks goeds te se het nie, bly eerder stil. Woorde maak seer – vir ander net soos vir jou! Persoonlik dink ek Natasha lyk pragtig!

  • Annetjie de Beer

    Dit is wonderlik om ‘n vrou te wees. Ten spyte van al die hartseer en verlange hou sy en ander hulle koppe hoog. Lang of kort hare. Natasha jy lyk en is stunning!! Nog ‘n bewonderaar.

  • Adri van Wyk

    Natasha, jy lyk pragtig…. ek stem ‘n makeover voel soos ‘n lekker vakansie.
    Ek myself kort ene.. Net jammer die manne met die goeie hande is nie in die Kaap nie..

  • Heloise

    Het ek iets gemis?Was die kommentaar vir haar hare of haar lewe?Nats-jy lyk goed! Meer volwasse dames moet die lokke afsny, en `n verandering is altyd wonderlik!

  • Wow

  • Helene

    Natasha jy lyk stunning na jou make-over. Ek het 10 jaar gelede op ouderdom 39 jaar ‘n make-over deur Weigh-Less gewen en glo my ek’t sommer 100 % beter gevoel daarna. So lekker anders, vars en jonk!!!!

  • Este

    Natasha jy lyk fabulous !
    Kleintjie moet jy so skree, soek tog jou caps lock asb.

  • Suné Kendall

    Liewe Natasha, ek is ‘n trotse werknemer van Placecol en dink as handelsmerk ambassadeur doen jy ‘n baie goeie werk – jy is ‘n liewe mens met ‘n hart van goud en ek dink jou nuwe haarstyl pas jou ongelooflik goed! Dit straal jou spontane persoonlikheid uit en bewys dat jy nie bang is vir verandering en vorentoe beweeg in die lewe nie.

    Maar dit gaan my verstand te bowe dat mense die son nie kan sien skyn oor hul mede-mens nie. Wat het enige persoonlike sake met ‘n haarsny of make-over te doen??? Dit bly immers net ‘n haarstyl wat ABSOLUUT NIKS aan jou persoonlikheid of mens-wees verander nie. Daardie mense moet eerder voor hul eie deur EERS begin vee, want dis baie onwaarskynlik dat een persoon so perfek kan wees dat hy/sy dink hy/sy het die reg om te se watokal hy/sy wil wat op die ou einde bitter seermaak.

    NATASHA – hou aan wat jy doen – jy is AWESOMENESS!!!

  • Natasha, hulle sê ‘a change is as good as a holiday!’, ek dink dit nuwe haarstyl pas jou en jy lyk sommer jonger! Wys jou net enige haarstyl sal jou pas!

  • Elma

    Ek het al uitgevind dat NIKS jou beter kan laat voel na n man se voete jou vertrap het, as n nuwe haarstyl nie!!Ek glo dit werk vir jou ook Nartasha…enjoy!!!

  • Marinz

    Absoluut stunning ! Ek hou daarvaan! Dit is a groot verandering en ek dit dit pas jou .Ek het so pas n afspraak gemaak om MY hare by Jan de Beer > The Blade Factory te gaan sny !

  • Annette

    Shame, Kleintjie, ‘n man het jou seker nog nooit verneuk of verneder nie want anders sal jy nie sulke goed kwytraak nie. En jy is seker vreeslik maer en modelmooi want dan beledig jy nog ander vrouens se voorkoms ook nog! Wees asseblief tog vriendelik met ander mense want al daardie slegte goed wat jy so skree (ja, sit jou caps lock af en leer hoe om te spel!) gaan terugkom na jou toe. En hou op om vir Steve te verafgod, hy het geen morele waardes nie, maak nie saak hoe goed sy musiek is nie. Geen man wat sy sout werd is, sal sy kinders se ma so rondneuk nie. Natasha lyk ongelooflik mooi met kort en lang hare en sy verdien al die geluk in die wêreld.

  • 7vAEJJ ivkpbqvewgis, [url=http://pmxoistpgkda.com/]pmxoistpgkda[/url], [link=http://tdwnbynokirn.com/]tdwnbynokirn[/link], http://jjtnqhadudeb.com/

  • Dit was so lekker om Natasha se grimeering te doen, ons het n wonderlike dag saam gehad. Dankie vir al die positiewe komentaar. Kom kuier gerus vir die Dream Team ons kan nie wag om julle te ontmoet nie.

    Cicilia Kaufmann http://www.ckmakeup.com

  • Wilma Schutte

    Natasha, jy lyk pragtig! jy is een van Suid Afrika se mooiste vroue.

  • CARLIEN – LYDENBURG

    NATASHA JY IS PRAGTIG. EK DINK JOU VORIGE STYL WAS VIR MY NET SO MOOI MAAR WEET JY, EK DINK ENIGE STYL SAL JOU GESIG PAS.EK IS N BAIE GROTER BEWONDERAAR VAN JOU AS VAN JOU GEMENE MAN! JY IS VIR MY N DAAGLIKSE INSPIRASIE VIR ENIGE IETS WAT OOR MY PAD KOM! YOU GO GIRL!!!!!

  • Heidi

    Kleinjie en al die ander van julle wat so afbreekend oor Natasha praat hoekom vra julle nie vir Sarie om julle foro’s te plaas nie en dan kyk ons wat die mense oor jul foute te se het. Niemand is volmaak nie en ons is almal deur God geskape. So as ek julle is kruip ek liewerste onder my bed weg sodat niemand my kan sien en met klippe gooi nie. Natasha jy is STUNNING en n goeie voorbeel van hoe n vrou haar moet gedra al het jy deur n baie moeilike tyd gegaan. GO GIRL GO!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Bertue Jieb

    Natasha,

    Jy bly maar my gunsteling – jy lyk stunning, jy is stunning. Selfs in die ‘regte’ wêreld is jy so ‘down’ to earth, jy laat almal om jou spesiaal voel. Sjoe, ek het nie woorde nie, jy het nog altyd koppe laat draai, selfs ons vroue s’n. Jy lyk beautiful.

  • Anine de Lange

    Natasha, ek het jou by ons Vrouedag by Diaz Strand Mosselbaai gesien. Ek dink jou hare lyk stunning.

  • Riana

    Baie mooi Natasha! Jy gee my guts om ook die langlokke te laat waai!
    Jy lyk besonders goed, modern, funky en jonk!
    Riana

  • pugeefrt

    1QkFyY njipfylclavw, [url=http://zqgeeqynyhqz.com/]zqgeeqynyhqz[/url], [link=http://koutcjqiauwc.com/]koutcjqiauwc[/link], http://rkkbuyaxgvvk.com/

  • Suhanra Jansen Van Vuuren

    Ou jare lyk pragtig. Maar nog steeds lank maar dit pas by jou en jy lyk goed. Suhanra Jansen van Vuuren

  • Suhanra Jansen Van Vuuren

    Ou jare lyk pragtig. Maar nog steeds lank maar dit pas by jou en jy lyk goed. Suhanra Jansen van Vuuren