FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Natasha Sutherland oorleef kaping saam met seun

Die aktrise en skrywer Natasha Sutherland is die naweek saam met haar en Steve Hofmeyr se seun gekaap in Braamfontein, Johannesburg.

Steve het dié nuus Sondag op Facebook en Twitter gedeel. Benjamin (10) was saam met sy ma in die kar. Gelukkig het niemand seergekry nie.

“Natasha, Henkie [die seuns se peetpa, Henk Goudkamp] en klein Benjamin het ’n kaping oorleef in Braamfontein Saterdagaand. Hulle is ongeskonde. Ben klink bietjie bewerig maar braaf. Hulle was op pad teater toe, maar het toe maar huis toe gekom” het Steve op Facebook geskryf en bygevoeg, “ek verag hulle.”

Intussen het Natasha ook gisteraand op Facebook oor die traumatiese ervaring gepraat. Sy het dit duidelik gemaak dat sy nou net meer gemotiveer voel om die lewe voluit te leef.

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Benjamin by 'n perdrykompetisie FOTO: Facebook

Benjamin by ‘n perdrykompetisie
FOTO: Facebook

“Tx to all of you who sent well wishes after our horrible experience last night. Not fun to have someone say they gonna blow your face off if u don’t give them ur phone. & awful that my boy was there to see it. Much mommy guilt. Everybody has a story like this & that’s the scary thing. BUT we’re ok & it means we obviously have ALOT more living to do! So watch out Life….here we come!”

Steve vertel vanoggend dat hy klein Benjamin, wat drie jaar gelede saam met sy pa en broer Sebastian gesien het hoe ’n KFC beroof is, oor die kaping laat praat.