FOTO Instagram / @cheslinkolbe

FOTO Instagram / @cheslinkolbe

Het jy gehoor?

Neefs bring goud en brons huis toe

Vanoggend het Wayde van Niekerk met sy spykerskoene só vinnig gehardloop dat hy sommer ook die 17-jarige wêreldrekord laat spat het toe hy sy goue medalje wen.

Maar hy is nie al een in die familie wat ’n medalje gaan huis toe bring nie. Sy nefie, die Blitsbok Cheslin Kolbe, het saam met sy span ’n brons vir die sewesrugby gekry.

As kinders het hulle op laerskool saam rugby gespeel en R5 per drie verdien. Min het die Kolbes en die Van Niekerks destyds gedink dat die seuntjies, wat verlangs familie is, Suid-Afrika jare later op die grootste sportverhoog sal teenwoordig.

Kyk net hoe het Cheslin gespog oor Wayde se prestasie:


Ons kan net dink dat daar groot feesvieringe gaan wees!

Lees nou

Tannie Ans help Wayde wen!

Wayde in syfers