Het jy gehoor?

Neil Sandilands skiet film in Los Angeles – kyk die toneel

Tydens sy verblyf daar het hy aan Modern Warfare: Frozen Crossing Pt 2 geskiet, ‘n video-speletjie waarvan hulle toe ‘n kortfliek gemaak het. Te danke aan ‘n paar bydraes kon hulle die film vir onder $600 skiet.

Sê Neil op sy Facebook-blad: “Loer gerus na my great sterftoneel in Modern Warfare: Frozen Crossing Pt 2 Maar julle moet wakker wees anners mis julle dit!!! Dit was baie fun though. Geskiet downtown LA.”

Wat sê julle? Wees gewaarsku, nie vir sensitiewe kykers nie.