Het jy gehoor?

Neil Sandilands is terug in SA (vir nou) PLUS sy nuwe projek

Die akteur Neil Sandilands is lankal ’n bekende akteur in Suid-Afrika en nou is Bart van 7de Laan terug uit Los Angeles om ’n spesiale projek af te handel.

Neil woon deesdae in Los Angeles in die VSA om sy loopbaan as akteur en filmmaker verder te bou, maar hy is nou tydelik terug in Suid-Afrika sodat hy ’n dokumentêr oor die sanger Anton Goosen kan afhandel, skryf Murray la Vita in Die Burger.

Neil maak dié dokumentêr glo op versoek van die skrywer Deon Meyer.

Intussen lyk dit ook asof hy vanjaar in twee Aardklop-produksies én ’n Engelse fliek gaan speel. Hy moet egter gereeld teruggaan Amerika toe, want as hy langer as ses maande uit die land is, sal hy sy groenkaart kan verloor.

Kyk hier na ’n video waarin Neil gesels oor die dokumentêr, akteurs en sy uitkyk op die lewe.

BRON: Die Burger