FOTO: Instagram melissagorga

FOTO: Instagram melissagorga

Het jy gehoor?

New York Modeweek se jongste modelle + kankerlyer steel kollig

Dit is nooit te vroeg om jou modelloopbaan te begin nie. Parade berig dat heelwat bekendes se kinders aan die Kids Rock!-modeskou by vanjaar se New York Modeweek deelgeneem het. 

Die Melissa & Joey-aktrise Melissa Joan Hart se seuns  het haar klerereeks, King of Harts Kids, gedra.

Maar volgens E! Online is dit die Amerikaanse voetbalspeler Devon Still se dogter, Leah, wat die meeste aandag getrek het. Die 4-jarige voer ’n stryd teen kanker en sy was die afgelope paar maande gereeld in die Amerikaanse nuus. Die gehoor het haar staande toegejuig.

A photo posted by Devon Still (@man_of_still75) on

 

“Leah sukkel soms met die fisieke veranderinge wat die kanker veroorsaak, soos haar- en gewigsverlies … Maar wanneer sy op die loopplank stap, sien ek die glimlag op haar gesig, die skare wat haar toejuig en haar selfvertroue …” het Devon onder die foto geskryf.

Dié modeskou het fondse vir die Victor Cruz-organisasie, ’n nie-winsgewende inisiatief wat opvoedkundige programme bevorder, ingesamel.

Bronne: E! Online en Parade

Lees ook