Het jy gehoor?

Nianell en haar man hernu hul huweliksbeloftes ná 10 jaar

“Ek dink dié dag was meer spesiaal as ons troudag,” sê Nianell. “Ek is liewer as ooit vir Andrew. Ons het al ’n paar sakke sout saam geëet. Die derde dag met ons drieling by die huis, toe huil ons. Dit was oorweldigend. Dan is jy dankbaar daar is iemand op wie jy kan staatmaak. Ons lewens het radikaal verander, maar ons het na aan mekaar gegroei. Daar is nie ’n beter pa vir my kinders in die wêreld as Andrew nie.”

Haar kinders op die foto van links is: Tayden (met die donker hare), Kaeley (met haar skoen in haar hand), en Jade.

  • Theresa Grobbelaar

    ‘n Pragtige gesin!