Het jy gehoor?

Nianell in Jock of the Bushveld

Dié fliek is van 29 Julie af in 3D te sien, en wêreldbekende stemme soos emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, die sanger Bryan Adams en die aktrise Helen Hunt is van die karakters se stemme in die fliek.

“Ek is mal oor animasie en koop vir die drieling elke animasie-DVD onder die son. Ek kan nie wag om vir hulle Jock of the Bushveld te wys nie!” het sy aan sarie.com vertel.

Nianell sing saam met Craig Hinds van Watershed Too Close To Call, geskryf deur hom en Tim Rice, in die toneel waar Jock se ma doodgaan nadat sy Jock se lewe probeer red het toe ’n luiperd hom aangeval het. Hulle sing dit vir mekaar terwyl sy sterf en neem so afskeid.

“By die première van die fliek het my hart só vinnig geklop toe die gedeelte wys waar Jock se mamma doodgaan. Dis wonderlik as ‘n mens se droom waar word. En dan is dit boonop ‘n groot eer om saam met kunstenaars soos Craig, Johnny Clegg en Bryan Adams aan ‘n projek te werk,” het sy gesê.

Gevra of die liedjie al elders te hoor is, het sy gesê die klankbaan is nog slegs in die fliek te hoor, maar ’n musiekvideo gaan binnekort gemaak word.

HIER’S DIE VOORPRENT VAN JOCK OF THE BUSHVELD:

  • Drieinie Lambert

    Met ons pragtige Nianell wat daar sing in Jock van die bosveld kan dit net ‘n sukses wees geluk Nianell ons is trots op jou !!

  • Mynie Cloete

    Sy is regtig een van ons sangsterre met die mooiste mooiste engel stem en dan nog so nederig ook.
    Baie geluk Nianell, ons is regtig baie trots op jou.