Nicholis en Denise op hul troudag in 2014
FOTO:  Darrell Fraser

Nicholis en Denise op hul troudag in 2014 FOTO: Darrell Fraser

Het jy gehoor?

Nicholis Louw en sy Denise verwag eersteling

Die gewilde sanger Nicholis Louw het op Facebook bekend gemaak dat sy vrou, Denise, swanger is. 

Nicholis en Denise het in Julie verlede jaar getrou – kyk na hul troufoto’s hier.

Hy het gisteraand dié groot nuus op sy Facebook-blad aangekondig.

Screen Shot 2015-02-27 at 9.09.16 AM

 

Nicholis kon nie voor die troue uitgepraat raak oor sy verloofde nie. Hy het aan SARIE.com vertel:

“Sy is net die beste mens wat ek al ooit ontmoet het. Daar is niemand wat eers naby kom nie. Ek het ’n luck ge-strike. En dis nie sommer nét nie – ek weet die Here het haar vir my gegee, want sy pas my soos ’n handskoen … ons pas mekaar soos handskoene.”

“Ons smeer ook op mekaar af. Maar as ek sien dat enige van my slegte kwaliteite op haar afsmeer dan sê ek vir haar: “Liefie, moenie soos ek raak nie!”, want ek kyk op na haar.”