Nicholis en Denise op hul troudag in 2014
FOTO:  Darrell Fraser

Nicholis en Denise op hul troudag in 2014 FOTO: Darrell Fraser

Het jy gehoor?

Nicholis Louw het pa geword!

Die sanger Nicholis Louw en sy vrou, Denise, het reeds verlede maand hul eersteling, Miané Rosabella, verwelkom, maar dit tot nou toe stil gehou.

Denise sê op haar Instagram-blad sy was by die werk toe Miané – ’n paar weke vroeg – besluit het om haar opwagting te maak.

Miané het haar ouers op 31 weke verras. Trotse pa Nicholis skryf op sy Facebook-blad dat hulle dié nuus vir eers stil gehou het om tyd saam as ’n gesin te spandeer.   

 Screen Shot 2015-09-23 at 6.23.27 AM

Nicholis is ’n baie betrokke pa, skryf Denise op Twitter – veral met Miané wat ’n bietjie meer sorg nodig het omdat sy vroeg gebore is.

Baie geluk, Nicholis en Denise! 

Lees nou