nicholis_louw
Het jy gehoor?

Nicholis Louw se baba kort ’n naam, en jy kan dit kies

Dié gewilde Afrikaanse sanger het op sy Facebook-blad aanhangers gevra om hom en sy vrou, Denise, te help om ’n naam te kies vir hul eersteling wat op pad is. 

“Ek weet nie hoeveel boeke en webwerwe ons al deurgewerk het nie, maar ons sukkel regtig om op moontlike name te besluit!” Hulle weet nie wat die geslag van die baba is nie, en vra voorstelle vir seuns- én dogtersname. “Enige voorstelle van jul kant af sal regtig baie waardeer word,” het hy geskryf.

Hulle verwys in hierdie stadium na die baba as Peanut.

Die paartjie is baie opgewonde oor die kleinding se koms. Hy het ’n foto gedeel van ’n laai vol babaklere en skoene wat hulle reeds bymekaargemaak het. “Ek en my Babe raak nou goed opgewonde om ons Blessing in die wêreld te verwelkom,” het hy daarby geskryf.

Lees ook: