FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Nicki Minaj kom SA toe

Die Amerikaanse rapper en sanger Nicki Minaj kom in Maart Suid-Afrika toe en sy gaan drie vertonings hou.

Dié keer is dit gelukkig ’n feit soos ’n koei. Nicki moes in 2014 Suid-Afrika toe gekom het as hoofkunstenaar van die Tribe One Dinokeng-fees, wat toe gekanselleer is ná ’n moddergooiery tussen die organiseerders en die Tshwane-metro.

Die radiostasie 5FM het die nuus bevestig:

Nicki se toer sal in Johannesburg afskop en in Kaapstad eindig.

Johannesburg: Ticketpro Dome – 17 Maart 2016

Durban: Moses Mabhida-stadion – 20 Maart 2016

Kaapstad: Grand West Arena – 22 Maart 2016

Kaartjies is van vandag af te koop by TicketPro.

Lees nou