FOTO: Instagram  @nickyhilton

FOTO: Instagram @nickyhilton

Het jy gehoor?

Nicky Hilton gaan by Kensington-paleis trou

Die sosiale vlinder Nicky Hilton trou volgende maand met James Rothschild by die Kensington-paleis, berig HelloMagazine. Nes daar van dié twee skatryk families verwag kan word, beloof dit om die troue van die jaar te wees.

Die troue sal by The Orangery (lemoenboom-kweekhuis) reg langs die paleis plaasvind. Dis ‘n restaurant in die paleis se tuine en word ook verhuur vir troues en ander geleenthede. Die onthaal sal buite op die terras gehou word. Volgens HelloMagazine is daar honderde gaste na dié troue toe genooi.

Daar word reeds bespiegel dat Nicky in ’n Valentino-trourok by die paadjie sal afloop.

Haar kombuistee, met ’n feëverhaaltema, is verlede naweek gehou. Sy het dié foto van haar, waar sy by ’n reuse-storieboek met haar en James se name in staan, op Instagram gedeel. Haar ouer suster, Paris, kon weens verpligtinge in Spanje nie die kombuistee bywoon nie.

Fairytale bridal shower

A photo posted by Nicky Hilton (@nickyhilton) on

Die paartjie trou op 10 Julie 2015 en het in Augustus verlede jaar verloof geraak.

 

Lees ook